Posted by & filed under BlogPous.

Daar is omtrent sewe biljoen soogdiere wat dieselfde eienskappe as jy deel. Hulle gaan onder die klassifikasie van homo sapiens of soos ons sal se: mense.

Die mens, dis nou ek en jy, is gemaak om sommige daaglikse aktiwiteite in die proses van wat ons noem “lewe” te moet doen. Dit sluit in: slaap, eet, sosialisering ens ens. En omdat die mens elke dag van sy lewe vloeistowwe en vastestowwe inneem, is daar sekere ligaamlike prosesse wat moet geskied vir jou voortbestaan.

Ek praat natuurlik van die nommer een en twee in jou dag tot dag- die piepie en whoop whoop doink of watookal jy dit nou mag noem.

So wat wil ek daaroor se? Wel, terwyl ons nou met hierdie gesprek besig is wil ek by ‘n ding uitkom…

genaamd: “flatulance”

En wat op aarde is dit? Wel dis die ding wat ons as mensdom, ook elke dag op een of ander manier moet doen agv. die gas opbou in jou pens…

In korrekte Afrikaans- ‘n Wind…

in lekker Afrikaans…

n pleinweg pragtige Poep!

Dis nou n ding wat ons almal moet doen, sommige meer gereeld en harder as ander, maar maak nou nie saak nie. Een ding wat wel waar is, is dis nooit mooi nie! Want die mens wat se poep soos potpourie ruik moet nog gebore word. Dis nou maar een van daai dinge…Dit stink!

Hierdie BlogPous sal nou verder gaan om die Top 7 situasies uit te lig, waar daar onder GEEN omstandighede gepoep moet word nie…

1. Die Bad.

Alhoewel dit na n goeie idee klink, is dit nie! Jy mag dalk op jou eie wees, maar as (nee wag korreksie), wanneer daardie borrel bars, gaan jou borrel ook bars.Water en poep kombinasie- groot NEE! Niks wat meer stink as n poep in die bad nie.

2.Die Bed.

Weereens, klink na n goeie idee? Moenie! Een ding wat erger is as n slegte reuk, is n onverwagse slegte reuk. En soos n Straw Rum shot, tref die oukie jou eers later…en dan tref hy jou hard en boonop nog vanuit die regte hoek ook.

3.Die Motor.

Kyk, nommer een ry min mense gewoontlik alleen so tensy jy nou n klipharde gil van paniek uit die passasiersitplek wil hoor- DON’T DO IT ! As jy wel alleen ry en en daarvan n punt maak om in jou kar te poep- maak sekser jou vensters is wawyd oop. Soos wat sigaretrook in lekker sagte bekleedsel kan vassit- kan wind stink ook!

4. Buite die Motor

So jy dink jy is veilig want jou familie en vriende is binne die motor en jy is buite?? VERKEERD!! Maak geen fout nie, daardie reuk sal jy indra soos n ou nat hond.

5. Die Hysbak.

Die hysbak is n absolute rooi zone. Boonop vir die feit dat daar nie ventilasie in n hysbak is nie, is daar ook gewoontlik mense om jou. En al is daar nie, as jy uitklim en iemand klim in…hang jou reuk steeds daar. En daai mens kan onthou hoe jy lyk as jy verby hom uitkom en hy/sy klim in en dit ruik asof iemand 10kg afgeskud het daarbinne. Ek watch jou!

6. Die Etenstafel.

Daar is min dinge wat mens se aptyt kan opdonner soos dit. ‘n Poep om die etenstafel is walglik en onvergeeflik. Daar is genoeg probleme met die Suid Afrikaanse vleismark soos dit is op die oomblik, waar ons elke dag heelwaarskynlik donkie of kangeroo of watookal eet. Donkie is ietwat sout, maar nog okay liewe leser, maar jou geprossesseerde poepreuk daarmee saam? Jy verdien n suurmelk gesigtrek!

7. In die Biblioteek.

Dis alreeds erg genoeg dat daar boeken gemaak is soos Fin Rek 378 en Aktuarieel 402 en wat wat…maar om dit te moet leer, in n morbiede toestand en een of ander Slim Jan dink nou is die perfekte tyd om een te laat gly- Dit is genoeg om n mens mos naar te maak!!En dan is dit nog tjoepstil ook so almal kan hoor wat jy sopas gedoen het. Wees bereid vir n steniging van vuil kyke soos die prostitute in die Bybelse tyd.

My advies op die saak- daar is nie n wen-wen situasie vir hierdie tipe ding nie. Dit gaan gebeur en dit is verskriklik sleg.

Jy kan jouself egter bekwaam met die volgende paar wenke:

-Berei jouself moreel voor om wanneer dit wel gebeur, iemand anders skaamteloos te blameer.

-Probeer verder jou gesig so “bloosloos” te hou as wat jy kan- hierdie sal intensiewe oefening benodig en jare se ervaring verg.

-As jy voel hy kom, begin maar fluit, hoes of sing- Dit mag dalk vir jou genoeg tyd wen om aan n uitweg te dink.LET WEL: Dit sal egter net tydelike verligting bring en gebruik slegs as n korttermyn opsie.

Laastens:  Wanneer jy sien jy nie gaan wen nie…

Deny till you die ou maat, deny till you die!

Leave a Reply

  • (will not be published)