Dames en here...appels en pere.
Die tyd het aangebreek vir 'n revolusie van die tong. Dis tyd vir dinge om gese te word soos wat dit is en dan nie op dowe ore te val nie. Dis tyd dat ons mensdom wegbreek van liefie, duifie, bokkie en baby Facebook updates- 'n verklaring van vals liefde die ander rondom jou laat kraak en braak- en weer kyk na die sake op die tafel. Die sake wat nie HOOoflEttEr klEINlettErr getik word of met 'n glimlaggende gesiggie :) afgesluit word nie. Die sake wat jy raaksien elke dag en net stilletjies verbygaan.
Ek belowe plegtig om nooit verby te gaan nie- en defnitief nie stilletjies nie. Hier gaan ek klihard ,Skrillex drop, op jou ass gaan as ek sien dat jy simpel dinge doen. Hier se ek 'n ding soos dit is.
Ek belowe plegtig om nie Antjie Krog se afrikaanse wen-vloekwoord in my BlogPous te gebruik nie- die een met die P- maar as en wanneer 'n eksplisiete onderwerp behandel word sal my eerste belofte egter moet intree en 'n ding sal gestel word of jy nou daarvan hou of nie.
Ek belowe om ligte vermaak tot jou dag te verskaf tot die beste van my vermoe. As jy my gaan oordeel oor die spel, taal en ander gramatiese foute wat ek gaan maak...stel ek voor jy hou nou op lees...ja NOU
Want hierdie is nou waar ek olie oor jou kop gooi en jou soos in die ou regime salf en 'n verbond met jou stig.
Liewe Gesalfde leser- hiermee verklaar ek jou, uiters en absoluut, afhanklik van ...
MY.