Posted by & filed under BlogPous.

Ek was nog altyd n voorstaander van n beginsel wat lui: Se slegs iets as dit die moeite werd is om te se- en praat dan so vining as moontlik. Ek wil julle almal laat weet dat die BlogPous stilswye van die afgelope twee weke, niks meer was as ‘n tydelike onderonsie tussen dit wat moet en dit wat nie hoef nie…as dit ooit sin maak. Dit daargelaat- laat die nuwe een begin.

 

Die ding waaroor ek die afgelope tyd verskriklik wonder is…

 

Toy Story.

 

Ek sal bieg dat ek dit nog nooit gekyk het nie en dit blyk my is nogals n  skandelike gaping in my opvoeding…

Ek weet, ek weet asb ek sal probeer n beter mens wees in my volgende lewe moet my net nie met daardie sweep slaan nie, asseblief baas! (Que die Django musiek hier).

 

Maar alhoewel ek dit nog nooit gesien het nie, kan ek waardeer dat dit sekerlik een van die flieks is met die malste tema liedjies ooit!

 

En dit laat mens wonder waar die groot kunstenaars heen is wat die groot Disney klassiekes gesing het? Dink bietjie terug en gun jouself die geleentheid om te kyk hoeveel woorde jy kan onthou van elkeen…

 

“You’ve got a friend in me”,

“Youll be in my heart”,

“Hakuna Matata”,

“A whole new world”,

“Bare Necessities”,

“Colours of the wind”,

“Go the distance”

“Under da Sea”

 

en die hele Spirit se musiek. ( Bryan Adams jou absolute kampioen- daai stuk waar hulle vir Spirit gevang het en in die trein gooi en weg van sy ma af vat…en dan Bryan Adams ook nog…vloedwaters ek se jou).

 

En dit laat my verder wonder, het die gebruik van goeie musiek in kinderflieks soos in die 90’s slegs iets van die verlede geword, wat as onnodig deesdae gesien word? Wat is die laast kinderfliek wat uitgekom het met n ordentlike liedjie of twee?

 

Miskien Shrek een maar dit is ook alreeds n halwe leeftyd gelede. En di took bygese, is die Counting Crows ongelooflik, maar nie naastenby in die Phil Collins, Celine Dion en Michael Bolton kaliber nie.

 

Vriende , laat ek nou aan julle vandag my beste lewensraad gee…

 

…ons is jonk maar oud !!!

 

Hoe vinniger jy besef dat jou dae in die Keg and Falcon nou verby is, of dat jy nie meer by die Secret Tribe mag aansluit en daardie ontsettende koel Big Chief hoede en n rugsak by Spur gaan kry op jou verjaarsdag nie, hoe beter.

 

Ek is seker dat jy ook al hieroor gewonder het, maar ek sidder om te dink watter blootstellings my kinders eendag gaan he. Waar is die Disney Sing Along Songs, Jan de Wet en die loflaaities en Storieman heen?

 

Waar is die kasette heen waarmee ek my gunsteling Tube stories kon opneem en dan terugrol na die tyd, en n ander storie oor record. Soos bv. n stukkie Rikki Lake, of my persoonlike gunsteling as kind- die Verimark programme- Ek soek steeds daai opblaas bank/poef/bed/swembad lilo/ wonder ding waaroor die trok so kan ry sonder dat dit bars of iets oorkom. Of die Twister sodat ek saam met daai Bauer man met die pankop kan uie tjop soos in die ou regime.

 

Dit is die tipe dinge wat ek voel n verskil gemaak het in n kind se lewe.

 

Maar deesdae is dit maar net n geval van nog n Au Pair vir arme Abrie want hy sukkel met sy LO, of n handvol pille, want die Juffrou het gese hy is stout en kan nie die vervelige skool stront doen wat sy vir hom probeer inprop nie.

 

En deesdae..

 

…beteken dit mos immers die kind is ‘n absolute geval van die ADD sindroom gekruis met Bipolere sindroom, want hy is ‘n sestienjarige seun wat nie wil werk nie??

 

Wat besiel jou liewe Mevrou die Juffrou jou kindermoordenaar van kindheid en kreatiwiteit!

 

Op sestien was die enigste ding waaran ek my aandag gegee het die halslyn van my jong nuwe register onderwyseres, of hoe ek en die vuilhonde n paar bottels rooi Zappa kan organiseer vir die naweek en n paar los sigarette daarby. Of wat die maklikste manier sal wees om ryk te word sonder om daarvoor te werk. (Nou dat ek daaran dink…wie de hel koop rooi Zappa? Jiggig man)

 

Of as jy n meisie is, of daardie oukie in Matriek rerag van jou hou, of net aan jou dinamiese dele wil vat vir sy eie genot. Of wat daardie slet van n Christine alweer kwyt geraak het van jou in die badkamer oor Pouse. Of hoe hard jy moet oefen die middag omdat jy n Pie gekoop het by die snoepie.

 

As jy van Kimberley afkom sal die meisies hier op 16 ook soveel as moontlik skoon Vodka probeer opspoor het en dit heelwaarskynlik deur die naeltjie gevat het, want die oog is vir sussies.

 

En weet jy wat… Dit was okay!!!

 

Want die beste deel van kindwees…

 

is kindwees.

 

Doen julleself n guns vir julle nageslagte…

 

Raak realisties oor die tye waarin ons vandag leef…

 

Begin daardie epic kasette wat so agter le in die kas in jou ma se huis op die beste Blue Rays sit wat jy kan.

 

Natuurlik sal dit altyd beskikbaar wees op hierdie nuwe ding wat geken word as Youtube? Maar ek is seker jy wil nie he jou klein afstammeling moet perongeluk op n stukkie One Man One Jar afkom net omdat YouPorn hom/haar as hulle potensiele nuwe kliente geidentifiseer het nie.

 

Gooi weg daardie PS3’s en hou die TV games met die Circus Charlie (met daardie donnerse blou apie), Contra en Ice Climber.

 

Pluk uit daardie Kopelino die Skeepskat, Bon Jovi en Abba kasette vir die langpad en los vir eers die If I was your Boyfriend rekords. (Tot daardie roomyskarretjie in ons dae se liedjie was beter).

 

En die belangrikste van almal- behou daardie 90’s Disney films. Dit gaan absoluut alles wees oor tien jaar,

 

om die waarheid te se…

 

dit is alreeds alles…

 

Why…When he was a young Warthog!

 

Leave a Reply

  • (will not be published)