Posted by & filed under BlogPous.

Dis erg genoeg dat ek my opskrif moet dedikeer na ‘n tipiese Afrikaanse legende wat rooi leerbaadjies rock met racing stripes langs die moue af- Daardie een wat lyk soos daardie ander Afrikaanse legende wat vermoedelik verkrag is deur daardie ander Afrikanse legende…Ja Hy!!

Dis erg genoeg dat hierdie Afrikaanse sangsensasies en Supersterre duisende plate verkoop, maar wat erger as dit is…ja selfs erger as die feit Frikkie en Petronella daar van Pretoria ‘n hond uit n bos skoffel as hullen saam met Juanita Hoog vlieg…erger as dit alles SAAM…

JEFFREYSBAAI !!!

Want waar het jy nou van ‘n afgetreede dorpie gehoor waar daar meer gestremdes as pensioenarisse is?
‘n Dorpie met meer Afrikaner seuns en dogters in ‘n per vierkante meter radius, as wat op jy op daardie einste superster verkragter se bed sou vind.
‘n Dorpie waar jonk en oud toegelaat word om in shopping malls rond te loop sonder hulle hemde, want hulle is local my bru!!!
en dis nie net mans nie!
Liewe Mevrou, n sylappie om jou bolyf, steek nie daardie verrimpelde bruim tepels van jou weg waaran jou kinders wat langs jou loop so hard gespeen het nie- om vadersnaam kry n hemp wat nie deurskyn nie!!
(Dit geld sommer vir julle klomp meisies daar in Stellenbosch, wat dink jy is vry as jou borste lug kry, ook hoor! )

Maar terug by Jeffreysbaai. Wat ek nie verstaan nie is hoe daar tussendeur die surferhonde met die lang, sout geblykte hare en branders wat met enige in die wereld kan kompeteer, twee Afrikaner ooms, boer soos boer kan kom, met hulle 50kg boeppense in die mall kan loop met hulle 10 cm geblykte pt broekies, two tone hemp en vellies met hoog opgetrekde kouse.
Hoe is dit moontlik dat hulle altwee bles is, altwee draairomyse van KFC verslint so by so dat daar wel roomys op die een se neus sit, en altwee
met daardie robocop sonbrille op hulle gesigte loop. – jy weet waarvan ek praat-
daardie wat mens altyd wen in daardie R2 masjiene wat die kleurlinge so speel vir die fake hoorlosies?
Jip!! Daardie einste een!!

So hier loop die twee oompies ewe kordaat en Rock Hulle Lyfies,
Want hulle mag so lyk,
Want hulle is Afrikaans en trots op hulle voortrekker uitrustings.
Want hulle ry n grooooot John Deere trekker
en in JBay lag niemand vir jou nie,want almal is Afrikaans en luister ook Kurt Darren
in Jolly Dolphin
oor nuwe jaar
en betaal ook R200 daarvoor.

Eens n trotse surfersdorpie is nou Pretoria by die see…

Liewe Jeffreysbaai- In Woorde wat julle dalk sal verstaan. Trots Patricia Lewis…

Jou ster het geval…my bru

One Response to “Rock Daai Lyfie…”

  1. Deon

    Wat van “n bietjjie Hartenbos kommentaar. Boer oommies slof rond in gooi mielies se “ek is ‘n boer” hempies terwyl ‘n gekleurde vrou met ‘n springbok ondersteuners trui rondloop soos ‘n trotse ‘boer oommie’.

    Reply

Leave a Reply

  • (will not be published)