Posted by & filed under BlogPous.

Soos wat ons almal wat deur die sisteem gegaan het, en binne jou geallokeerde hoeveelheid jare ‘n graad van n aard losgespartel het maar weet- is die enorme ereksie wat homself die werksplek noem – nie so ‘n maklike een om jou lippe om te kry nie.

Inteendeel, wanneer jy uiteindelik  jou posisie ingeneem het en met opwinding oor jou nuwe rol in die samalewing, jou liggaam oorreed om te begin suig, is dit wanneer jy begin agterkom dat om heeldag op jou knieë te wees, nie ideaal is nie…

Ons is indirek maar almal hoere- ‘n spesie wat daagliks spartel om die lewe se wildste fantasieë te bevredig en dalk so paar sent uit die transaksie terug te kry. ‘n Afweging van spoeg of sluk- beide met sy eie voor- en nadele. En soos wat dit maar altyd was- raak hierdie besluit al hoe moeiliker soos wat jy aangaan met die daad. ‘n Grys area om dit seker maar so metafories te stel…

En vir die van julle wat dit moeilik vind om te verstaan waarvan ek in die bostaande praat- hierdie is seker nou die tyd vir julle om die uittrede uit my literatuur te maak want dit gaan slegs afdraande van hier af.

Ons berei ons daagliks voor met ongelooflike optimisme, ‘n “Carpe Diem” oomblik om dit nou so te stel. Of jy nou n inspirerende stukkie lees in die oggend, of net soos ek ‘n swart koppie koffie en ‘n sigaret verkies om aan die gang te kom, ons almal bevind onsself in emosionele konflik wanneer jy daai pynlike klank van die wekker uit jou kop gekry het.

En sodra jy dit regkry om weer jou oë te gebruik nadat jy suksesvol die kurkdroë sneeu uit jou oe gekrap het, dan word daar dinge berou en vergifnis gevra en ideale gestel vir die dag wat voor jou lê.

…maar so teen 10:00 se kant is dit maar ook iets van die verlede. Ewe skielik spring jy weer kop eerste in daardie spenskas van vloekwoorde wat jy spesifiek gehoop het jy sal vermy hierdie dag… En jy bevind jouself weer in die situasie wat jy vir iemand ‘n telepatiese Bio-slim pil wil aanjaag en net op die Verimark Tojan wil kry …Of jy koop alweer ‘n twintig pakkie Malboro in plaas van die tien pakkie waarop jy twee ure gelede besluit het.

Dit is hier waar alle verwagtinge en vooruitskattings vir die dag, soos ‘n pak KFC zinger wings die volgende dag, in die toilet afgespoel word. Want kom ons lieg nou nie vir mekaar nie, as jy een keer ja gese het vir die donker deel in jou- raak dit baie moeilik om nie weer dieselfde vergunning vir hom te maak nie.

Hierdeur wil ek nie as die sinieste mens in die wereld voorkom nie, aangesien ek ‘n eerstehandse getuie is van die positiewe verandering wat kan plaasvind in die wêreld…

…want vat net byvoorbeeld die feit dat meisies nou skokkende pienk SLK200’s vir hulle verjaarsdae kry en dink dit is aanvaarbaar om daamee rond te ry in Kaapstad middestad en vas te glo dat die koolstofmonoksied wat uit haar uitlaatsisteem kom, werklik my lewe meer besoedel as die blote feit dat my oë sopas haar voertuig moes aanskou…

Of wat van my alumni koshuis waar die nuwe bestuurspan deesdae dink dit is aanvaabaar dat daar slegs genoeg alkohol in die pub is om ons tot tien uur in die aand te akkomodeer? En dit op ‘n aand waar ons sopas die derby rugby gewen het? Dit is ‘n vernederende fete wat verder ook- as ons daardie argument wil inneem- baie onverandwoordelik is aangesien almal nou die pad moet inslaan dorp toe om verder te gaan kuier in plaas van om voort te gaan in hulle eie huis? My liewe 2014 HK –

Dronk bestuur is teen die wet, maar drink in jou eie woning- is nie…

En so het dit oggend geraak en dit het aand geraak en dit was die einde van die eerste dag. En die donker wat oor die aarde vloei hardloop paralel met die donker wat oor jou hart trek soos die klok aanstap. En soos die eerste bottel knak is jy weer in daardie opwindende omgewing wat jy so gemis het die afgelope 24 uur…’n absolute bewyssstuk van die wiel wat permanent draai.

En more gaan jy wakker word en weereens probeer om daardie kakebeen van jou uit te hak om die lewe te akkomodeer vir die bietjie selfverryking wat jy dalk daaruit kan kry…

Ek se nie die lewe is moeilik nie… ek se maar net:

‘n ‘ Tap ’ op die rug is net so goed soos ‘n piel in die hol… 

2 Responses to “Orale Selfverwesenlikheid”

    • Erich Muller

      Dankie Lynndre- altyd lekker om van jou te hoor. What a joy!!!! Gelukkig het jy n paar lekker lippe so seker jy sal die lewe wen 🙂

      Reply

Leave a Reply

  • (will not be published)