Posted by & filed under BlogPous.

Ek was nog altyd n voorstaander om die tydige en ontydige Facebook BOM!!! op n paar mense te laat val. As n maatskapy amper ses biljoen dollar n jaar skoon wins uit jou sosiale interaksie maak, gun ek vir myself die geleentheid om oop en bloot, kliphard, grondrondrollend vir jou te lag oor die goed wat jy kwyt raak…

En dis nie eers asof julle dit moelik vir my gemaak het nie, inteendeel. Hierdie week is dit die seisoenale piek vir FB konsternasie.

Liewe Facebook gebruikers…

sonder verderre oponthoud…

laat die Boston aanval begin.

Eerstens…

Ek sien dat jy met jou skoolbaadjie met die drie of vier prestasiebalkies waarop jou Ma soooo trots is, ‘n foto neem waar jy jou baba seuntjie soos Rafiki in Lion King aan die hele wereld vertoon. Mejuffrou Sixteen and Pregnant:

In die ou sou jy soos n melaatse vir n jaar as banneling van skuiling tot skuiling moes sweef. Hierdie is nie iets waaroor jy moet trots wees nie. Dis nie n Graad wat jy verdien het en nou mee spog op die interweb nie- hierdie is n skande en moet as een hanteer word. Ons leef nie in die sestienhonderds waar dit okay was om kleingoed te baar met eerste tekens van pubertyd nie. Ek smeek jou dus vir jou eie kind se onthalwe…

Hou tog jou bene toe en jou arme suigeling van Facebook af! Baie dankie.

Tweedens…

Daar is n nuwe ding waar jy in die kamera lens in “point” met jou wysvinger, so asof jy Abraham Lincoln is en my wil vra om aan die Amerikaanse weemag aan te sluit. Wat op aarde is dit? Is dit soos die nuutste ding wat almal doen maar waarvan niemand weet nie? Soos die mens wat besluit het om hierdie lipstiek veroorsaakde STD lippe rond te stuur? Nee Meneer… dit gan nie vlam vat nie. Jy lyk soos n idioot. Gaan byt op n kussing en druk daardie vinger waar die son nie skyn nie.

Verder en op die onderwerp van fotos…

Nie almal is gemaak met die vermoe om n goeie foto te neem nie en dis okay. Hoekom, en dit wil ek rerag graag vandag opklaar, hoekom is die enigste mense wat heeltyd close up portrette van hulself neem, die mense wat die kakste lyk op fotos??? DIT BREEK MY BREIN !!!

Jy sien, jy prober ons flous, maar ons gan nie daarvoor val nie. Omdat jy die kamera altyd van n afwaartse hoek van bo op jou gesig af neem, beteken nie ons weet nie jy steek daardie dubbelken weg nie. Nog erger as dit…

As jy soos n rob gebore is en nie n ken van n dag het nie, moet nie ons intellegensie onderskat nie dame, ons sien dit. Hou jouself van FB af en optimiseer eerder op situasies wat in jou guns kan tel- soos bv. NuBar en wanneer die ligte in Springbok afgaan- dan moet jy spring en kapitaliseer…PASOP TROEPE!

En asof dit nie genoeg is dat ek alreeds gepraat het oor HieRDIe TIPe DinG nie! Nou wil JY skielik wys vir die hele web dat jy ONDERSTEBO kan tik?? Braak Braak Braak…asemskep….

BRAAK!

Genoeg gese…

Laastens, ek sal pasop vir jou volgende YOLO status. Soos die Harlem Shake is dit nou onplesierig as jy ook laat tot die partytjie kom net omdat jy nou eers besef het waarvoor dit staan. Die ding is verby, klaar, finito hamba!

Voordat jy weer jou :”Was by die dieretuin en het n leeu met my kaal hand gevryf- YOLO” status maak, pasop dat iemand nie n “ Hou op met YOLO, JMSP” status op jou laat val nie.

Jy verdien dit eintlik.

DIE EINDE.

Leave a Reply

  • (will not be published)