Posted by & filed under BlogPous.

Terwyl n sekere baie belangrike Indiese familie deesdae hulle persoonlike rondvladder vliegtuig net so in Suid Afrika se militere basis kan parker. Terwyl niemand in die regering kwansuis daarvoor toestemming gegee het nie en al die groot makkers nou so op mekaar draai. Terwyl daar Youtube videos ronddwael van n “springlewendige” Madiba wat kompleet vertoon soos een van daai lyke in the Walking Dead wanneer hy vyf minute vat om sy nek te draai…

 

Terwyl al hierdie verkeerde dinge in ons land gebeur is dit tyd dat iemand sy mond oopmaak en darm waragtig nou vir eens en vir altyd, sonder om bang te wees oor hofsake en dreigemente, iets se…

 

En daardie iets is…

 

 

 

 

EK HAAT DUIWE !!!

 

Jip jy het reg gelees. Daai lelike goed wat vlieg en so vir jou loer van die dak af.

 

Kom ons mors nou nie ons kosbare minute saam deur te probeer geselsies knoop oor Oscar se moord wat hy kastig nie gepleeg het nie, of Die President wat nou weer hoeveel miljoen van belastingbetalers gegaps het in die wapenskandaal waarvan almal klaarblyklik vergeet het. Of hoe twee broers die lewende rook uit die Amerikaners uit gebom het. Of hoe swak die plasingsbeleid in een van Suid Afrika se top universiteite alweer hanteer was.

 

Dit is politieke tjol wat jy sal ervaar waarookal jy in hierdie wereld gaan.

Wat jy egter nie orals sal ervaar nie,

Is hierdie DONNERSE DUIWE…

 

Nie mooi wittes nie. Sulke armsalige skraal grys goed. Dit is asof hulle besluit het om elke hoek en draai van Suid Afrika oor te vat? Wat is volgende? Gaan hulle spaza winkels oopmaak en duisende Suid Afrikaners uit die werk sit? Of “Sweat Shops” waar hulle hul duiwe kinders kan inspan om vir ons almal klere te maak teen n winskopie? Of n Tereuraanval met n massa-kakaanval by die 2013 Comrades???

 

Nee Nee Nee…genoeg is nou genoeg. Daar is n paar klinklare redes waarom ek nie van duiwe hou nie en ek is seker almal sal met my hieroor saamstem.

 

Nommer Een: Hulle stink

Nommer Twee: Hulle poef op mense

Nommer Drie: Hulle maak nes in jou stort

Nommer Vier: Hulle kyk altyd vir n mens met sulke moordenaar oge

Nommer Vyf: Hulle dra allerande siektes rond

Nommer Ses: Hulle eet van die grond af

Nommer Sewe: Hulle poef op n mens!!!!!!!

 

Asseblief…enigeiemand wat n windbuks of n 9mm pistool of n bom of selfs n kernwapen van n aard het- ek doen n beroep op julle om hierdie diere net n bedrygde spesie te maak.

Wag wag…

miskien is dit hier waar Oscar, die Tsarnaev twee en ons President wel inkom…

 

En ek dog ek praat net oor duiwe

Vreemd…

3 Responses to “Duiwe Bedrywe”

  1. Rudo

    Jy weet hoe ek duiwe haat Erich…..ek klaar besig om getalle minder te maak hier by Parkhof

    Reply
  2. Erich Muller

    Dankie Rudo. Jy is sowaar n kampioen vir die gemeenskap. Ek sal jou sodoende beloon en jou binne in die volgende pous bekend maak okay? Katte inkomend

    Reply

Leave a Reply

  • (will not be published)