Posted by & filed under BlogPous.

Kyk, een ding wat nou maar nie twee is nie, is die feit dat n mens sleg lyk in n reflekterende voorwerp met n kurwe soos n sonbril se voorkant of n lepel of n vaas of watookal. Meer as dit lyk mens sleg as jy wakker word na n harde aand en eers in die badkamer agterkom dat daar n groot, swart, koki penis op jou regter wang geteken is, wat skynbaar ejakuleer reg in die rigting van jou mond.

Maar weet jy wanneer lyk jy die slegste?

Wanneer jy n middeljarige man is wat ‘n rooi, afslaandak, Mazda tweedeur ry.

Want nie net dink niemand jou Oakly robocop bril pas saam met die bles wat jy so hard probeer wegsteek nie, maar jy lyk waragtig soos daardie ejakulerende wangpenis waarvan vroer gepraat was.

Liewe lesers…daar is vier sekere kleure in hierdie wereld wat slegs op sekere karre werk. Hulle is as volg:

1. Oranje: Lamborghini en Ford ST – As jy n oranje Elantra besit dan is jy die oorsaak van talle oogkanker gevalle.

2. Rooi: Ferrari, Triumph. – Rooi laat jou GTI nie vinniger lyk nie. Jy lyk soos n Flava Flav op n slegte dag en die 6×9’s en nuwe rims help ook nie jou saak nie.

3. Geel: Weer Lambo, Chevrolet Camaro, Hummer miskien vir jou Super Sweet Sixteen. As jy nie n Taxi in New York besit nie- bly weg.

4. Pienk: NIKS NIKS NIKS Absouluut niks asb asb asb tannie betaam jouself !!

Daar is ook nog kleure soos neon groen en goud wat ten alle tye vermy moet word.

Wanneer jy jou kar kies moet jy verby jou eie behoeftes kyk. Jy sien nie die buitekant van jou kar op die pad nie. Dis erg genoeg dat ons elke dag ure in die verkeer moet spandeer, maar om nog te braak in my kar agv. jou pienk Kia Rio, is net onnodig.

en dit stink…

en dit was moeilik uit my nuwe bekleedsel!

Praat van braak-ek wil ek nou maar my deel as bemarker doen vir n geleentheid wat baie na aan my hart is…

Die laaste keer toe hierdie geleentheid aangebied was…het ek wakker geword binne in n braai in die Eendrag Quad met my Pros Pakkie papnat en vol as. Dankie liewe Derick dat jy my so mooi in die bed geplaas het en soos n bobaas mamma my slaapklere aangetrek het. Dit was omtrent n hoogtepunt in my lewe wat ek nooit sal onthou nie.

Dankie ook dat jy verder gegaan het om my op die voorkop te soen- net vir ekstra sjarme natuurlik.

Ek praat van die Eendrag Birthday Bash.

Woensdag 24 April…

Die erichmuller blog-span sal daar wees en julle almal baie fyn dophou.

Ek hoor die Jackal sal ook n verskeining maak, tesame met sy trawante waarvan Kettingsaag, Sunlight, Queef, MaagdMaandag, Dopkaas, Tampon, en Jurie Els maar slegs n paar voorbeelde is. Vir al die Single Ladies, Eendrag is ook verder bekend as die mekka van die seksieste gemmers op kampus. Kom doen jou deel vir een van die mensdom se laaste bedrygde spesies- gryp een en plant vinnig voor. Hulle sal dit geniet en as jy jou oe net styf vasknyp is dit nie te traumaties nie- Dis soos bloedskenk man!!

Hierdie geleentheid is die tipe ding waarvan jou ouers jou waarsku net na jy die huis verlaat het om beter weivelde te gaan soek…

en net so voor jy jouself in n rehabilitasie sentrum gaan inboek…

As jy in die Stellenbosch omgewing is gedurende hierdie nanag…

Wees gewaarsku.

As die honde los is, byt hulle harder as Luis Suarez.

Oor en Uit.

Leave a Reply

  • (will not be published)