Posted by & filed under BlogPous.

Kyk, na n lang vakansie van op en af in hierdie land, warm en koue dae, presidentsbesoeke en oudpresidente wat nie wil omkap nie, uiters slegte Wimbledon tennis en tonne Come Dine with me SUPERSIZE… maak ek my Kambêk op die lug. Nie almal is so bevoorreg om n super spoedige breedeband internet lyn in hul ouerhuis te he nie. Sommige van ons moet nog aanploeter met daardie landlyn spoedvrate wat amper so erg in jou ore suis soos ‘n Ray Dylan liedjie…amper…

 

So liewe Afrikaanse leser, sonder verderre oponthoud wil ek vandag se boodskap vir jou bring:

 

Is jy reg vir hom?? Nou ja toe…

 

Het jy enige idee hoe KOMMêN jy is???

 

….

 

WHOAH TJOMMA ERICHMULLER WTF EK GAAN VIR JOU N PK GEE??

 

Jaaaaaa ek kan julle al hoor daar agter julle skermpies van digitale plesier. Wees gerus, dis nie net JY nie, dit is ons almal…as n nasie.

 

En dit is iets wat ons nog altyd geweet het, maar almal het altyd lekker vingers gewys terwyl jy gedink het jy is uitgesonder met jou egte Louis Vuitton handsak wat jy by die chinees gekoop het vir R200.  Of terwyl jy jou DC sneakers met trots gedra het, vir almal Dude of Bra genoem het en elke woord van Fat Lip geleer het om te sing saam met jou mede-dudebra’s.

 

Ons was almal al daar en dus wil ek vir ons almal vandag mooi hard en duidelik se… Ons is maar Kommên my Bra en die beste wat jy kan doen vir jouself, is om dit so vinnig as moontlik dit te besef en te aanvaar.

 

Want nie net is daar nogsteeds gevalle van mense wat met trots op Carte Blanche verskyn met hulle Boeremag simbole teen die muur, tesame met die ou landsvlag en portrette van ons vriend wat van sy perd af geval het nie…

 

Nie net ry daar daagliks mense in Pretoria rond met blou balsakke wat van hulle Hiluxe afhang terwyl hulle span deesdae in pienk speel nie.

 

Nie net dink hierdie einste mense steeds dat Oscar Pistorius niemand doodgemaak het nie en dat die Comedy Central roast van ons rolmodel, Steve, amper meer opwindend as ‘n episode van Sewende Laan was nie…

 

Maar wat skokkend van hierdie situasie is, en hier kom die mes deur my hart, is dat hierdie mense almal familie van ons is ! Dink maar daaroor, jy weet watter een…of twee…of drie mense in jou familie,,,of soms gesin ek van praat. En daardeur is dit dus gevolglik die waarheid dat ons almal bloedfamilie is…Nigs en Neefs soos die Voortrekkers van ouds sou se.

 

En dit is genoeg vir n mens om stiltetyd met n stoel en n tou in die hoek te gaan hou…

maar heellaas is dit onveranderlik.

 

En dit is nie asof ek dink dink dit is slegs die Afrikaner nasie nie, Nee. Ek voel dat elke kultuur en stamgroep opgemaak word deur ‘n reeks tradisies en gewoontes wat hulle maar lekker kommen maak…ek dink egter dat die Afrikaners as nasie ‘n baie goeie kans sou kon staan om Patricia Lewis se Supersterre kompetisie te wen.

 

So my standpunt hierop is dus as volg en ek dink julle sal sien hoekom ek dink dit is die beste moontlike opsie:

 

Jy sien jouself nie as kommên nie, en natuurlik is jy nie, maar kom ons kyk na die voordele van so ‘n klassifikasie:

 

as ‘n Kommên Afrikaner mag jy:

 

Daardie brandewyn so vier vingers hoog gooi…

jou tjoppies met jou hande begin eet…

die Stem deel van die volkslied harder sing as die res daarvan…

‘n P-bom so nou en dan kliphard laat val…

heeldag Toks en Tjops kyk en vir regte komedie, Here Comes Honey Boo Boo (Braak geluide hier)…

jou jean broekies so kort afsny sodat almal die selluliet spikkels op jou bo-boud kan sien wanneer jy dit skud op die dansvloer…

heeltyd mense probeer moer in kuierplekke net omdat hulle dieselfde Old Khaki hemp as jy aanhet…

jou hare in 10 verskillende kleure dra of laat Hi-Lite soos ons vriend Juri daar in NZ, terwyl jy nog op skool is…

jou familie heeltyd op die mond soen as jy hulle moet groet…

jou wyn uit die boks drink en

jou oorbelle aan jou naeltjie dra…

 

…maar wag…jy doen dit dan alklaar? Oeps…

 

“Now that’s what I call a mind fuck”

Leave a Reply

  • (will not be published)