Posted by & filed under BlogPous.

Kyk, ek het al baie dinge in Kaapstad gesien wat nie een honderd present pluis is nie. Dinge soos twee karwagte wat soos regte “Django Mandingo Fighters” mekaar in die straat vir ‘n uur lank met swepe slaan. Mense wat ontlasting na politiese-party-leiers slinger en hulle dinge in ‘n swartsak doen sodat hulle vir die toeriste op Kaapstad internasionaal darm harltlik in SA kan welkom heet.

Of my persoonlike gunsteling natuurlik, ‘n bedelaar wat vir my reguit in Langstraat se: “ Meneer, ek is ‘n alkoholis en ek kort net R3 dan kan ek vir my nog ‘n bier koop”…

 

Dit alles en meer is maar net gebeurtenisse wat agtergrond musiek verskaf vir ‘n normale dag in die lewe van ‘n Kapenaar. Dit is toe mos dat ek Stellenbosch toe moet ry met die trein op ‘n dag soos vandag wat ek net mooi die kersie op die koek beleef het…

 

Kom ons begin by die begin. Treine tussen Kaapstad en Stellenbosch ry nie soos die mooi sneltreine in oorsese lande, elke ses,sewe minute nie. As jy gelukkig is kry jy so elke tweede uur die geleentheid om vervoer te word. So verbeel jouself die geluk toe ek by die treinstasie aankom om 10: 45 am en verneem dat daar wel ‘n trein sal vertrek om 11: 24. Slegs dertig minute op die stasie- dit moet my gelukkige dag wees, want om n halfuur by die Kaastap stasie tussen bedelaars en hoere te spandeer is mos immers n feestelike gety.

 

So dus, soos ‘n regte Europese wit laaitie, is ek moes toe immers so tien minute, 11:15, vroeg net om seker te maak. Dit is toe dat die “luukse” skerm bo die peron my inlig, dat die trein vertraag is tot 11:40.

Uitstekend man, die laaste ding wat ek wil doen is om op my trein te kom waar ek heelwaarskynlik baie styf op my beursie sal moet sit.

 

Teen hierdie tyd het ek al in genoeg tik-verslaafdes en honger mense se oë gekyk, om ‘n stewige aptyt op te werk. So ek besluit toe om by die Mc’Donalds in te pop vir ‘n vinnige versnapering en so bietjie die tyd te laat aftik- 35 minute is mos oor as genoeg…

 

Koel en kalm stap ek toe met n vol maag en ‘n opgewonde hart na my peron waar die trein oor tien minute sal vertrek…en dit is toe dat ek dit heeltemal verloor en kliphard P-Bomme laat val. Want daar in die verte…doeeeerrrr voor… trek Die Uwe… ek is tien minute vroeg, maar ek is laat vir my trein.

 

Soos ‘n wit tannie wat se Spurburger koud by haar tafel aangekom het, besluit ek toe inderdaad om my stem by die informasie kiosk te gaan dikmaak oor hierdie situasie Dit is by hierdie kiosk waar ek ingewag word deur ‘n 140 kg kleurling vrou wat meer olie in haar hare het as die vis-en-tjips by Joe Marlin. Ek verduidelik toe maar heel rustig die gebeurtenis wat sopas afgespeel het en hoe onaanvaarbaar dit is en whara whara whara…

 

So nou se jy seker…ja, dis sleg, maar wat is nou so spesiaal aan hierdie situasie??

 

Die uitsondering van hierdie gebeurtenis le in die verduideliking wat ek uit die vet lyf van Mej. Joe Marlin gekry het. En ek haal aan…

 

“Meneer jy sien, wanneer ons se ‘Delayed’ en n tyd gee van vertrek, dan is dit maar net n skatting. Die trein kan enigetyd ry wanneer die drywer voel hy is reg”…verder gaan sy toe aan met die volgende, BREINBREKENDE, woorde:

 

“Die ding is, die Stellenbosch treindrywer het vandag n vreeslike maagaandoening en elke keer as hy stop dan moet hy eers toilet toe gaan. Maar dis mos onmoontlik om  te skat hoe lank hy sal besig wees daarbinne, so hulle skat die proses maar so op 15 minute en dan as hy klaar is voor dit, dan loop die trein…”

 

 

Ek besef toe eers dat ek heelwaarskynlik sopas die getuie was van die skokkendste verduideliking vir Suid Afrikaanse dienslewering in die GESKIEDENIS sedert oom Jan in die Kaap aangekom het.

 

Die Bruin Trein het my vandag van my Trein afgehou…

 

Dankie liewe treindrywer… Ek hoop met alles in my hart jy skyt in jou broek voor jy die volgende stop kan maak, want jou onstelde maag…het my ontstel.

 

 

Leave a Reply

  • (will not be published)