Posted by & filed under BlogPous.

“ Prioriteit nommer een, kom lewendig hieruit. Jou merke sal getuig…”

 Ek onthou ‘n tyd so rondom elke Desember vakansie as die ergste somer hitte net so mooi op Kimberley se stoep kom tee drink het. Dit was ‘n tyd van ysbakke vol bier, sonskerm en meer as alles…hengel sessies op my vriend Lukas se plaas.

Kyk, daar is nie veel wat jy kan doen op die wal van daardie deel van die Vaalrivier nie. So jy sit maar terug, Gerrie the Jackal laat die brannewyn vir ons loop en jy wag vir iets om te byt- gewoontlik mekaar se lyne meer as enigeiets anders.

Maar dit is op hierdie hengel sessies van ongeveer so drie dae…wat mens weer kon mens raak. Waar die aardse dinge nie veel beteken het nie en waar jou identiteit was presies wat jy wou hê dit moet wees…

 

Ek onthou spesifiek die laaste keer wat hierdie tradisie plaasgevind het…

Kyk, As mens al ‘n hele dag lank drink, is daar nie veel wat mens NIE kan doen nie.

 

Gesope swem 3uur die oggend  in die pikswart rivier? Kinderspeletjies man…

 

Byle wat nooit saam moes gekom het nie swaai na mekaar? Hoekom dan nou nie sommige van ons kan doen met n paar tone minder…

 

Jou beste vriende begin donner omdat jy nie meer jou eie naam kan onthou nie…Dit is mos hardlooprugby man.

 

Nou op hierdie noot wil sommer reguit kapsie maak teenoor die mense wat heeltyd die kinder “celebs” van Hollywood so oordeel. Ek praat nou van die Miley’s en Amanda’s en so…

Ou maat…ek was twee jaar saam met my beste vriende en broers in Prostraat op Stellenbosch. ‘n Goddelose plek waar jy op die vinnigste trein klim of jy klim af. En ek wil jou laat dink wat sou gebeur het as jy ‘n Biljoen dollar in my hande gesit het toe- en selfs nou.

Kom nou man…julle sou defnitief nie meer daai tweedehandse, R20 trassie, by die karwagte gekoop het nie sou julle. Nou wil tannies vir Mej. Cyrus bidsessies hou oor haar gebruik van dwelms, seksuele dansies en ontbloting…

 

Regtigwaar? Dis soos die bogenoemde byl in die hand van n dronk kind sit en dan te verwag hy gaan niks onverantwoordelik doen nie.

 

Die tyd wat mens die lewendigste voel, is die tyd wat jy die naaste aan die dood is. En dit is SO waar. Ek word telkens wakker en so saam met die oë wat halfpad oopgaan, kom die woorde…”Wat de hel het gistraand gebeur”

 

En weet jy wat? Daardie gevoel wat jy kry is ’n selfverrykende sin van tevredenheid, gepeper met spikkels angs. Want een ding wat ons maar uit ons losbandige lewens kan besef, is dat ons dom dinge doen as ons dronk is.

 

“Toe was ek op die stoep, toe was ek by die BP, toe is ek in die tjoekie, toe is ek in die tronk, toe is ek by die dans, toe word ek wakker op die stoep.”

 

En dit is wat mens onthou. Want maak nie saak of jy besig was om die vorige aand in Jimmi Jamalo in Kaapstad middestad, ‘n wapentransaksie uit Angola te onderhandel het nie…Ons word altyd wakker in ons bed, of op die stoep, of in haar/sy bed. En behalwe vir n paar skrape en seer spiere…is die letsels maar minimaal.

 

Boys…Kom ons wees gou reguit met mekaar. Ons lewe daagliks op die drumpel van die dood en dit is hierdie epifanie wat beteken dat daar geensins teruggehou hoef te word nie. GAAN GROOT. Doen alles en almal en hoop maar blindelings dat die uitkoms nie te erg sal wees nie. En ek is bly daaroor, want dit is hoe mens voluit lewe, en dit is waarom ek vandag hierdie stuk skryf. Nie om jou bang te praat of om ‘n ‘downer’ te wees op daai Jeffrey wat jy netnou sou rook nie…

 

Maar laat ons nie vir mekaar jok vandag nie- ons lewe almal sonder voorbehoedmiddels en het nog nie naastenby die nagevolge daarvan gevoel nie…Behalwe miskien my vriend die bekende Robskopper…miskien hy ‘n bietjie…

 

Jubel en juig liewe gemeente…jubel en juig.

 

Leave a Reply

  • (will not be published)