Posted by & filed under BlogPous.

Kyk… Daar het al baie dinge die afgelope tyd gebeur waarvan ons gemeenskap nog nooit gehoor het nie. Sphynxkatte word deesdae ge “tattoo” tot hulle omtrent soos hulle naamgenoot daar in LA-ink lyk.(Daarsy Rudo) Gelowe word gestig oor sosiale netwerke wat in die kopie van informasie glo as ‘n heilige daad…ek sweer- Kopimism (gaan kyk maar en bekeer as jy wil). Tieners laat deesdae hulle groot V, ( dis nou Virginity vir my minder oppit lesers), oor die internet afveil. Onderklere van oorgewig Suid Afrikaanse ministers word publiek gemaak en nog veeelllleee meer.

Dit alles opsy geskuif, is daar een ding wat egter nie nuut is in ons gemeenskap nie…VERKRAGTING !

En nou praat ek nie van verkragting in die lyn van die verkragting wat julle ore sal ondergaan as julle een van die gelukkige “Believers” is wat julle “Fever” gaan “Feed” by hierdie week se konserte nie. Oh nee meneer- daardie is ‘n pyniging wat aansienlik kortkom teen die een waarna ek verwys.

Nee, ek praat van die tradisionele…

Hy: Buk hier jy !

Sy: Nee, nee asseblief nie!!

Hy: Ek gaan nie weer praat nie…

Sy: Maar ek wil nie

Hy: Wel ek is sterker as jy.

Sy: Ai dammit, dit is nou jammer…

 

JA daardie een!! Julle weet nou waarvan ek praat.

En daar is werklik niks snaaks oor verkragting nie. Dit is heelwaarskynlik die walglikste ding wat een mens ooit aan iemand anders kan doen. So voordat ek enigsens iets se moet julle een ding verstaan:

Deur onder te se wat ek gaan se, REGVERDIG EK GEENSINS VERKRAGTING NIE!

Okay, so noudat ek myself volgens die literatuur wette beskerm het, kom die harder woorde.

 

Meisies…dogters…dames:

Julle moet nou mooi eens en vir altyd luister. Daar kan maar optogte gehou word laat dit bars vir Anti Verkragtings Initiatiewe. En tannies kan op die televisie huil en huil en allerande plakkers en posters kan gemaak word om uit te spreek teen verkragting:

MAAR:

As jy soos ‘n SLET gaan aantrek wanneer jy in die nanag uitgaan om jou boude te skud in Tiger of Legends of waarookal, raak my simpatie aansienlik minder. En NEE ek se nie JY verdien dit nie…hoor my net objektief uit en dink net gou ‘n bietjie oor die volgende:

As jy jouself aantrek om slim, opgevoede, beskaafde jong mans, in jou persoonlike seksslawe te verander, hoeveel te meer gaan onbeskaafde kriminele jou SEINE lees??? Veral as jy besluit jy is nou kwaad vir jou vriendinne wat sonder jou gaan piepie het, en nou die langpad huistoe, gesuie en te voet gaan aanpak. Het jy al ooit gesien wat met ‘n Zebra gebeur as hy besluit om alleen oor die velde van die leeubelaaide Kalahari te stap? Dit is net nie mooi nie.

Ek gaan nou maar die ou wees wat dit vir jou se…

As jy jouself soos ‘n prostituut gaan gedra…gaan jy dalk onder die geweld van n gesoute Pimp hand kom.

En hierdeur se ek nie dat julle amal Polo nekke en moonbags moet dra nie. Ek weet al my manlike lesers verkies dit dat julle almal vir julle mooi aantrek en seksie lyk. Maar kom nou,

Daar is ‘n verskil tussen ‘n seksie kort broekie, en ‘n broekie waar ek en die res van Tollies die wange van jou boude kan sien.(sonde om eers skelm af te buk).

Daar is ‘n verskil tussen Vyf uur in  Kaapstad gaan draf, en Tien uur die aand.

en daar is waragtigwaar ‘n verskil tussen ‘n push up bra, en ‘n bra wat jou borste in nekstutte verander.

Ek dink dit is tyd dat die WWJD bandjies vervang word deur, WSMMGH bandjies.”WAT SOU MY MA GESE HET”. Want ek belowe jou, die vrou wat jou groot gemaak het sou nie hou van hoe jy deesdae uitgaan en aandag soek saam met jou maatjies nie. ( Ek sluit natuurlik die lesers uit wat minder as ‘n 16 jaar ouderdomsverskil met hulle ma het…moenie daardie bandjies kry nie dit sal katastrofies wees).

Dames, namens al die mans wat werklik uitspreek teen verkragting en nie net gaan toi-toi daarteen in die straat nie: ASSEBLIEF. Julle weet in watter tye, en in watter land ons leef:

Trek julleself ordentlik aan!

Dit is nou mooi koud in SA en ordentlike mans geniet dit in elkgeval meer om op die regte tye verras te word met ‘n los gelukkie.

Dis al.

Noem my sommer Minister van Publieke Veiligheid…

(ns: Shoutout aan al my lesers in Engeland, Kanada, NZ en die VSA- julle is kampioene)

 

 

 

 

Leave a Reply

  • (will not be published)