Posted by & filed under BlogPous.

Daar was n tyd nie so ver in ons verlede, waar  jy ‘n Kareltjie se R10 snoepie geld kon afvat wat sy ma vir hom gegee het omdat sy te lui was om vandag ‘n kosblik te pak. Daar was ‘n tyd wat hierdie R10 vir jou ‘n lekker Alian Spray, twintag pakke Jiggie chips, of selfs n Pie en ‘n Coke kon koop.

Dit was egter die goeie ou dae…

Want aangesien die groot INFLASIE ingetree het in die een en twintigste eeu

kan ek net plein boggerol met n R10 koop.

 

Ons moes maar net bystaan en kyk hoe die Nik Naks-nar ewe skielik n rasseverandering na n kleurling ondergaan.

Ons moes kyk hoe die Simba chips al hoe minder word en daar nie eers meer n paar Slammers ingesit word nie.

Ons moes maar sien hoe die ml. lesing op die koeldranke gegaan het van ‘n ronde 340ml, na ‘n 330 ml.

En waar de hel is die Dirkies heen???

Die skelm blikskottel van n sisteem vat alles!

 

Maar ja die mos nou nie iets nuut nie. Mens se oupa vertel mos altyd vir mens hoe hulle die eerste Volkswagen Beetle gekoop het vir die prys van slagskaap doer in die dae.Of hoe jou ma-hulle n hele hand vol chappies kon koop vir n sjieling (watokal n sjieling mag wees).

Nou dink vir jouself wat gaan ons eendag ons kinders vertel as dit nou al so gaan met ons? Ons praat al soos ou mense oor rentekoerse en inflasie en petrolpryse en eintlik al waarook ek wil praat is verkeerde besluite soos daardie tiende Straw Rum van my wat DEFNITIEF gespike was die ander aand.

Of hoe ek en Hopla daardie blonde meise daardie ander aand kon sien aantrek deur haar venster van ons stoep af en ons het nie eens weg gekyk nie! Moenie eers probeer oordeel nie, as dit pap reen moet jy skep Menere!

Maar terug by die onderwerp van inflasie.

 

Wat deesdae parallel en eksponensieel saam met die inflasiekoers groei- is die grootte van borste in die samelewing. Ja jy het reg gelees… BORSTE aka. TETTE, KANNE, BOOBS, PRAMME, GOENIES…

Jong meisies kweek nou al hier saam met hulle eerste skooldag n paar goeters wat skrik vir niks. En waar kom dit vandaan? Ek gee INFLASIE die skuld.

 

Dit klink dalk na hemel na my manlike lesers, maar die historiese probleem van gravitasie kom steek kop uit. Die uiteinde- plastiese chirurgie op 18. En dit gebeur meer en meer deesdae. Ons sien julle daar op Kampus. Een dag ‘n paar muskiet byte- die dag daarna

 

KAAABBBBBBOOOOOMMMMMMMM!!

 

Want dis mos okay om n paar stywe, plastiek borste te he? Dit is mos wat verkies word en lyk mos soooo mooi want daar word nou nie meer n bra verlang nie.

 

VERKEERD!!

 

As jy deesdae met n paar lekker plastiek dubbel D kanne spog, dra asseblief nogsteeds ondersteuning. Daar is sekere dinge op borste wat baie styf vertoon wanneer hulle gedoen is. Of kry n rol insolasie tape en plak hulle toe.

 

Want liewe Tannie, dit kan nie gemaklik wees om heeldag punt in die wind te loop nie! Dardie goed is genoeg om glas te sny man !

 

So ek vra almal in die siteem nou amptelik en baie offisieel:

 

Bring asseblief terug my sagte natuurlike borste,

 

my R10 Pie en Coke combo

 

en my DIRKIE !!!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

  • (will not be published)