Posted by & filed under BlogPous.

R54,50…

Die prys van die Old Eagle Cane special by Midmar Stellenbosch is die laaste ding wat ek kan onthou van gistraand nadat ek sopas, een uur in die middag uit n semi koma ontwaak het. Terwyl ek die hoe, wie, wat en waar probeer invul soos n speurder uit die ou regime, breek ‘n insig wat ek gistraand gekry het deur na my toe…

Mense wat van klein dorpies af kom, is nie so sleg soos wat almal dink nie.

Dit kom nou van n mens af wat elke dag op Tafelberg uitkyk, maar se wortels eintlik in die groot Kimbo gegrond is. (as jy nie weet nie- is jy nie oud genoeg nie)

Ek dink dit hardloop parralel met die feit dat mense wat van Johannesburg en Kaapstad af kom dink hulle is, in ou Frank se woorde, donners smart, en mense wat dink hulle is donners smart, is nie so donners smart as wat hulle dink nie. En laat ek dit sommer hier se…as jy van Bellville afkom is jy nie n Kapenaar nie vir al my CY nommerplaat mense wat dink hulle is groter en koeler as wat hulle is.

Elk geval…

Daar is n vier klinklare redes waarom ek se die lewe in n klein dorpie is nie so sleg nie.

Nommer een:

Verkeer. Terwyl julle stedelinge in julle splinternuwe Volkswagen GTI’s op mekaar se gatte ry en TOET TOET TOET, is die dorp se kinders alreeds daar waar hulle wil wees. En waar is dit? Wel, heelwaarskynlik in die Half, of Selletjies of die Mystic Boer besig om R18, nie R25, te betaal vir hulle lang biere saam met die bonthonde. Want hulle weet wat belangrik is, en om in die verkeer vas te sit, is nie een van hulle nie.

Nommer twee:

Paralel parkering- Vir wat??? Hoekom moet ek in n gespanne toestand my gat af worry elke keer as ek my kar wil parkeer? Dis mos onnodig. En klein dorpie beplanners het dit geweet- hulle het geweet ek wil graag net n slap links of n slap regs maak, en my kar stop. Dis onnodig dat n mens in vandag se dae nog moet stilletjies spuitpoep elke keer as jy jou kar wil parkeer.

Nommer drie:

Stinkasem hoere!! Ja nee julle lees reg. Sulke sletterige figure wat op hoeke in die stede in die nanag staan en jou arm gryp en nader trek as jy n half loaf wil gaan koop by die naaste Spar. En dan baie subtiel vir jou se “How much you give…” terwyl haar (of sy -mens word gereeld geflous met die geslag deesdae) aksies van vroer die dag se reuk nog in die mond hang. Dorpies het nie sulke goed nie en as daar hoere is, is hulle teminste billik geprys.

Nommer vier:

Bedelaars. Terwyl die bedelaars in klein dorpies heelwaarskynlik vasgemaak word aan n Hilux en deur die strate getrek word, het een of ander slim idioot in die stad besluit om vir hulle sulke reflekterende jassies te gee. Nou gaan hulle onder die skuilnaam van “karwagte”. En karwagte in stede het baie luuks geword deesdae, want nou het hulle sulke masjientjies waarop hulle heeldag sit en speel en vir mens kaartjies druk as jy nie R12 per uur betaal nie.

R12 per uur per uur vir n karwag??? Aint Nobody Got Time For That!!!

So volgende keer as jy met jou Sandton arrogansie in n geselskap instap en dink jy is te koel vir hierdie dorpskinders-dink maar weer.

Jy is meer as welkom om met jou stinkasem hoer te gaan speel- mits jy geld oorhet na daardie R12/uur parkering wat jy moes betaal, en jy nog jumpels is na jy in die verkeer vasgesit het vir n uur en nie alreeds jouself maar gehelp het nie.

Ten slotte gaan ek nou my babbelas verder afslaap en probeer onthou wat my naam is…

vaarwel.

 

 

 

 

 

Leave a Reply

  • (will not be published)