Posted by & filed under BlogPous.

Kyk…na drie jaar in n manskoshuis op Stellenbosch, het ek al van baie vreemde, net plein AF, dinge gehoor.

Veral om die etenstafel- waar mens na n sekere tydperk maar suur en  langtand aan jou spaghetti bolognese moet kou, terwyl een of ander slim bliksem aan tafel besluit dis n goeie tyd om oor die tekstuur van nageboorte te praat…Ja dit gebeur !

Maar soms hoor n mens steeds dinge wat jou laat regop sit…rewind…weer kyk of luister…dan oopmond sit vir so 10 sekondes…en dan uitbars in trane ( van lag of huil-die twee hardloop maar naby aan mekaar).

Jy sien dis die tipe ding wat ek vanoggend oor gekom het, toe die manne op ‘n spesifieke morning drive, dit net so vinnig berig het dat n “man in China homself in n panarie bevind het.”

Okay…’n Asiaat in n krisis- my ore hoor dit maar eks nog rustig…niks besonders nie ek vat n sluk van my twee suiker swart koffie, en die storie kan maar voortgaan.

“Hierdie spesifieke man het by n hospitaal aangekom en verklaar dat die dokters dadelik moet kyk, want daars n paling, ja daai lang slange wat in die water swem, in sy lyf…”

Goed, n stadiger sluk…draai die volume op hierdie is ietwat interessant…

“Die man het gebieg dat hy op n pornografiese webtuiste gesien het dat a.g.v. waterdiere se tekstuur, hulle n vreeslike goeie seksspeelding sal maak en dus het hy die lewendige paling gevang en binne sy anus gedruk waarna die hele paling ingegswem het…”

Whhhhoooaaaaawwwwwwwwwwww stop die lorrie…

Ekskuus??

se gou weer??? n Man, n paling en n anus???

En ewe skielik het ek my, stop…oopmond…trane, oomblik. Wie op hierdie hele planeet aarde dink dis n goeie idee om so iets te doen?

Daar is drie spesifieke probleme wat ek met hierdie Ying of Ching of Ning se aksie het…

 

Eerstens…die paling was 50 cm lank…dis amper twee liniale!! Meneer, ek wil nou nie jou borrel bars nie maar jou rektum het ook net soveel kapasiteit… ek meen asb man -optimisties is een ding maar dit?!

Tweedens… Hierdie diere het tande wat kan byt en jou meer gee as net n sekere plesierige prikkel in die binneboud.

en Derdens…WAT HET JOU BESIEL JOU SIEK SEUN VAN N TEEF CHIHUAHUA HOND (pronte afrikaans)

 

Meneer die Asiaat:

dis erg genoeg vir my rektale gemaklikheid dat ek elke oggend en aand, Bieber Fever jingles op Suid Afrikaanse radio moet hoor…

dis erg genoeg dat daar heelwaarskynlik n prostaat ondersoek vir al my manlike lesers in hulle lewe voorle en dat die gedagte hiervan mens in n koue nag sweet laat uitslaan…

en dis waragtig erg genoeg dat dinge soos KykNET se Boer soek n Vrou bestaan.

 

Om vadersnaam asseblief liewe lesers.

‘n Paling het ook gevoelens…

 

Leave a Reply

  • (will not be published)