Posted by & filed under BlogPous.

Soos my hoofopskrif vanmore se…is ek verlore. Ek is verlore in die Egiptiese portrette wat ek deesdae op my sosiale media raakloop. Meisies wat in die stof staan met hulle oe toe en hulle arms in die lug. n Instagram nagmerrie van kopdoekke en saronge en rompe wat lywe soos kleurvolle ninja’s laat lyk…ninja arabiere…op dwelms

Nou ek verstaan dat nadat Thrift Shop die lig gesien het, almal baie opgewonde is om na die naaste Hospice te hardloop en n strandsarong, kopdoek, jas of hondekombers vir die prys van n pie en n coke te koop.

Eerstens- dink gou jouself in die volgende situatie in…Jy weet daardie man wat heeltyd in die swartsakke krap saam met die katte en jou mooi geknoopte sak dan so ontbloot en verkragd los? Dis die tipe ou wat die tipe klere moet dra wat jy so graag wil dra…

Ek verstaan ook dat jy dink jy is n blommekind wat onder geen omstandighede onder die reels van basiese kleredrag in jou magiese wereld van euforie te val nie. Dis okay…ek verstaan. Maar om vadersnaam kry dan net iets wat jou grootte tenminste is! Ek sien verskriklik baie meisies wat truie dra wat heelwaarskynlik uit Kobus Wiese se hangkas kom.’n Groter hemp vermom ook verder nie die feit dat dat jy soos menigde Afrika vrouens in die donker dele van die Kongo…nie n bra dra nie. Ons sien dit raak en ons is ongelukkig want dit hang ook soos die klere in Kobus Wiese se hangkas…

Ek wil vir jou vandag se, liewe Egiptiese Prinses…

jy lyk nie vintage nie, jy lyk arm…

jy lyk nie uniek nie, jy lyk soos al jou mede prinsessies…

en ja daardie trui ruik soos urine.

So voordat ek jou weer met n kopdoek op Facebook saam met jou vriende by hierdie en daardie trans vees sien…vra jouself die volgende vrae…

Is ek ‘n Arabier?

Is hierdie top gewas?

En het ek vir die res van die wereld ook genoeg dagga sodat hulle heeltyd hoog kan bly en saam met my ou vrot klere dra- want ek dink ek lyk goed?

As enige een van die bogenoemde ‘n NEE antwoord bevat… Koop dan maar eerder die pie en coke

2 Responses to “أضعت طريقي! أضعت طريقي!”

  1. marisca

    op die onderwerp voel ek mens moet nou jou sê, sê en klaar kry, die snor/baard ding manne ” respect the snor” maar asb hou die oukie higienies, niemand wil weet jy bêre drie dae terug se KFC in jou snor vir ‘n snack nie. Manlik, en kamstag rugged is fine maar ‘n halwe oerwoud kompleet met woud gediertjies wat hulle daarin huisves bo op jou lip -nee nee.

    Reply
    • Erich Muller

      Marisca, ek hoor jou en stem saam. Hulle se egter hoender is op sy lekkerste, drie dae nadat hy die eerste keer geproe is. Iets met geurmiddels in die snorarea toedoen? Dis maar wat hulle se…

      Reply

Leave a Reply

  • (will not be published)